Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Begin at last" deur MARLISE JOUBERT
" 'n Begin at last" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #19116] Wo, 11 November 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
'n Begin at last
Marlise Joubert

Terwyl jy nog slaap
teen 'n vroeë lente
die aardkors dor terwyl die bome
beur aan blaar en blom
terwyl jy slaap die skerp
verlange in jou lyf verpak
om saam te bring tot hier
as jy alles oop gaan maak
terwyl jy slaap sit ek hier
half oopoog trillendwakker
want geen snaar kom tot rus
in hierdie lied wat uitgeslape
draai-draai teen jou bors in
jou asemende mond die binnegleuf
in jou lyf jou gesig jou kop
hoe keer ek dit hoe laat ek
dit tot haltroep dwing as elke sel
wil bars teen die bloeiselende
ruimte wat skielik uitstrooi
more-more-more
at last teen die dag se skitterende
sk(amper)breek

(ongepubliseerde nuwe verse)
Kopiereg voorbehou deur
Marlise Joubert
Vorige onderwerp: "Die Kalksteengroef" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: "Kersfees in Ouetehuis" deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 07:13:44 MGT 2024